Foto's   Photo's
Google
Maak 'n verskil dan 22 nov 2008 Doulos Gemeenskap Projek se "Maak 'n verskil dag" - 22 November 2008 by Waterval.

Die Kersfunksie by Waterval was 'n reuse sukses waar ons 'n verskil wou maak in hierdie mense se lewens. Twee busse het ook die mense aangery van Sonheuwel en Mahem af. 

Daar was 500 mense, twee kersvaders en twee kersmoeders het geskenke uitgedeel en familie fotos is geneem, gas kunstenaars het opgetree, drie springkastele en twee waterwurms het die kinders vermaak, “Quad bike” ritte is aangebied, 500 geskenke is uitgedeel, 500 mense het aangesit vir 'n drie-ster ete met nagereg en koeldrank. 

Decor Design het vir ons Kersversierings en groot stoele vir die Kersvaders beskikbaar gestel wat ons kon gebruik om die tente mee te versier. 
Almal teenwoordig het ook geleentheid gekry om vir hom of haar nuwe klere te kry danksy die skenkings van Ackermans

Tussen-in is daar deurentyd gesmul aan roomys, koekies en om nie te praat van die 1000 pannekoeke nie. Hans, en ons almal wat saam met die Doulos Projek werk, wil elkeen bedank wat iets geskenk of voorsien het om ons te help om van hierdie dag 'n sukses te maak. 

Ons sou dit nie sonder julle hulp en bereidwilligheid kon doen nie.
 
Vir verdere navrae kontak gerus vir Bettie (reach_out@absamail.co.za) of vir Hans Janse van Rensburg van Doulos by (hans@diens.co.za)

www.uitreikprojek.co.za

 
Picture13
Picture1
Picture2
Picture3
Picture4
Picture5
Picture6
Picture7
Picture8
Picture9
Picture10
Picture11
Picture12